Apple iPad hype

So daar is dit, Apple het n tablet op die market losgelaat, en (ons) almal se bekke kwyl om ons dirty little hands op die “must have gadget” te kry.

Ek is so n bietjie in 2 minds oor die iPad. Aan die een kant wil ek een he, die nuutste must have Apple toy ! (om windgat te wees dink ek meer as enige iets anders) Ek is beslis in die Apple hype opgevang, maar dan is ek n groot Apple fan. Het meer ipods wat hier rond le, as wat daar dae in die week is.

Aan die ander kant, weet ek nie of die iPad vir my sal werk nie. Ek het n laptop – and if truth be told – vat dit baie selde uit die huis uit. Ek het op n staduim ebooks gelees op die trein, maar nou oorgeskuif na audio boeke toe. Ja, die iPad sal handig te pas kom as ek SA toe vlieg, met sy 10 uur battery lewe, maar dis nie asof ek elke paar weke vlieg nie, so dis eintlik ook nie van toepassing dan nie.

Een ding wat my nogal laat wonder, is wat ons gaan betaal vir die iPad. As jy hier in Britanje bly, weet jy maar dat jy meer gaan betaal vir die ding (as die res van die wereld) Rip of Britain  roep hulle dit. En as jy Apple se pryse kyk, is dit nie sommer elke ou wat vir hom n Mac gaan uit trek nie. Dis n big and expensive buy soos hulle se. EK vertaan nie hoekom die pryse so baie verskil met die res van Europa / Amerika as dit by Apple kom nie, en hoekom ons in Britanje altyd aan die kortste end trek as n consumer.

Ek kan ondou toe ek my Mac gekoop het, was dit nie goedkoop nie. Dit was top of the range 2 jaar terug gewees, en dit (met n printer) het my nie veel kleingeld gegee uit n duisend nie ! Een ding waaroor mens nie kan stry met n Apple produk nie, is dat dit beslis betaal – maar dis quality !

So waar los dit alles my nou ?

Sal beslis vir my een wil kry, maar of dit die moeite werd gaan wees weet ek nie. Sal miskien beter wees om te wag vir gen 2 om uit te kom, en dit dan n besluit te maak.

Bak to Shool is ool !

Ek is bly om te sien dat die onderwys standaarde nie te veel geval het in SA nie. Wie wil nou n “c” in School sien as jy dit Shool kan spel ? (En skileik verstaan mens hoekom so baie die jaar nie St X geslaag het nie !)

Laat my dink aan daai grap dink van die girl wat nie n “P” kon se nie ”aul aul, jy het n iel soos n erd !!”

To iPhone or not to iPhone ?!

My kontrak is up for renewal die einde van die maand, en dit het tyd geword om te begin kyk vir n nuwe mobile foon.

Op die oomblik het ek n iPhone 3G, en na 18 maande is ek nog gelukkig met hom. Het so n paar apps op die foon, video recorder ens, en ek moet se, op die oomblik doen hy dieselfde as die 3Gs (net nie n kompas in nie, maar hoeveel keer gebruik jy die kompas eintlik ?) So upgrade ek nou, of wag ek so n bietjie en kyk wat Apple weer ons gaan mee probeer temp in die volgende paar maande, of die ander option is om van die iPhone af weg te beweeg, en miskien na n ander foon te kyk ?

So wat het my oog gevang sover ? HTC HD2, maar dit het Windows Mobile op – en dit steek my n bietjie dwars in die krop. (Siende ek is nie n groot Windows fan oor die algemeen nie !) So wat ek nou soek is n Android foon, maar daar is nie n baie groot keuse op O2, en ek sal verkies om by O2 te bly.

Sover dit my aangaan is daar nie n foon wat naby n iPhone kom nie (iPhone killer soos hulle dit noem !) Sal bietjie moet rond-kyk die volgende week of so, en kyk wat my oog vang, of kan jy enige voorstelle maak oor n foon om na te kyk ?

London Blog-Gooiers Convention – Feb 2010

Dis weer sulke tyd, die London Blog-Gooiers convention vir Februarie 2010. Ons werk nog aan n datum, en presies waar ons gaan ontmoet, maar wees verseker, dis gewoonlik n moerse aand van lag en gesels, en allerhande snaakse goed.

Nou jy hoef nie n potgooier te wees nie, of n blogger nie, maar as jy in London is, en jy wil ons ontmoet (of net n drink saam met ons kom drink) , is jy meer as welkom.

Jy kan of my laat weet, of Chris van Skaaptivis, Natasha van Goggabyt, Ron van die Kak Pot of Alexander van AfrikaansLondon

Soos ek se, jy hoef nie te blog of te potgooi nie, maar as jy ons wil kom hello se, of ons wil ontmoet (en kyk hoe lyk die gesig agter die stem), is julle meer as welkom.

Watch die space vir verder besonderhede van plek en tyd.

Hoe slaap ek so kak ?

Vir die laaste paar aande slaap ek verskriklik sleg, voel vir my asof ek die heel nag le en rondrol, vir die dak le en staar met die een oog, en die ander een op die alarm clock. Ek kan nie presies ondou wat ek droom nie, maar ek weet dit het iets te doen met 2 uur (soos in tyd) en dit het met computers uit te waai.

Dis jammer mens ondou nie die drome nie, want die stukkies wat ek ondou maak nie sin nie. Iets soos as jy met n computer werk, moet jy 2 uur wag voor jy iets anders kan doen op die PC. Dit alles speel natuurlik by die werk af in my droom, wat my nou meer deurmekaar maak. En ek weet ek is frustrated (in my droom), soos ek van computer na computer hardloop om dinge reg te maak.

Kan nie dink dat ek (meer as normaalweg) gestress is by die werk nie, of dat werklik iets is wat my pla nie, maar dan (se hulle sulke goed( kom uit in drome (en wie is die hulle ?!), waar jou onderbewussyn jou dinge vertel wat hier in jou agterkop aangaan, wat jy nie in die daglig-ure aan (of wil)dink nie.

Ek moet miskien maak soos my pa gemaak het, n pen en papier langs by bed neersit, en sodra ek wakker word (en die droom nog kan ondou) dit neerskryf, en so daaruit probeer sin maak. (Pen en papier ? Nee wat, miskien dit record op die ipod – dis mos 2010 nou al, pen en papier is so 1990’s !!)

Wie is braaf genoeg ?

Ek moet weer vir n slag n potgooi maak, was nou heeltemal te lank te stil gewees.

Ek blame die koue en kak weer, want as dit so koud / nat / sneeu / sleet / en reen buite, is jy regtig nie lus vir enige iets te doen nie. Nou dit vat nie baie moeite om n potgooi te maak nie, want die komputer doen alles, maar die weer het tog n invloed (en ek blame eerder die weer as om myself te blame)

Ek soek iemand (enige plek in die wereld !!) om saam met my te kom gesels die naweek op n potgooi, n co-host. My te vertel wat in jou deel van die wereld aangaan, wat in die nuus is, wat jy / julle doen, en so aan. Die interview word deur Skype gedoen (en ek is seker meeste mense het Skype, of as jy nie het nie, maak ons n ander plan) , en ek record alles van die die kant af, so jy hoef oor niks te worry nie, ek en my Mac doen alles, jy gesels net saam.

So hier is jou kans nou ……   stuur my n email ( johan (by) devries-inter dot net) en laat my weet as jy wil saam praat die naweek.

PS As jy dink om jou eie potgooi te begin maak, is dit die ideal vir jou om dit as n test run te gebruik !)

Die weer en soos aan

Ek sit nou en kyk hier by my office se venster uit, en die lug is grys buite, nie n stukkie blou lig of son te sien nie.

Die ander dag het hulle gese ons kan maar regmaak vir sneeu / reen / kak weer tot amper in April toe die jaar, en dan is daar n moontlikheid dat ons (miskien) n somer dag of 2 sal he …… voor ons weer die winter invaar.

Dis sulke dae soos vandag (en met die sneeu en ys van die laste 2 weke) wat ek net met alle geweld op die 1st die beste vliegtuig spring (mind you, nie SAL nie – want ek hoor hulle diens is maar baie kakkerig !) wat suid waarts gaan, en so n bietjie African son op my kry.

Dream on soos hulle se !!!

Nuwe rigting

Ek wil die jaar kyk of ek nie meer video potgooie kan maak (en publish) nie. Siende ek het al die equipment (en software op die Mac), dink ek nou dis tyd om miskien in n nuwe rigting in te beweeg, en te kyk of ek nie iets “nuuts” kan begin nie.

Enigste ding wat my so n biet afsit oor die hele storie, is dat ek nie seker is almal sal dit kan download nie, veral nie as jy op n cap op jou internet het nie. Ek dink volgende moet ek vir my n ordentlike video camer aanskaf, en dan kan ek in alle erens met video potgooie begin. Op die oomblik gaan dit op die iPhone opgeneem word (met n nuwe app wat ek vanaand gekoop het)

So wat dink julle, sal ons dit n go gee, en kyk wat gebeur ?

Die Moddereiland Potgooi – METV (Video)

Ons het vandag gaan 10 pin bowling speel in Kingston, en sommer so n paar mins se video opgeneem.

 
icon for podpress  Bowling in Kingston : Play Now | Play in Popup | Download

Winter op Die Moddereiland

This picture says it all …… niks meer Modder nie (totdat die sneeu en ys smelt !)

Winter op die Moddereiland

Winter op die Moddereiland